×
Loading...

Die Noordwaartse Beweging van die Boere Voor die Groot Trek (1770-1842) by PETRUS JOHANNES VAN DER MERWE

Book Information

TitleDie Noordwaartse Beweging van die Boere Voor die Groot Trek (1770-1842)
CreatorPETRUS JOHANNES VAN DER MERWE
Year1937-09
PPI300
Languageafr
Mediatypetexts
SubjectSuid-Afrika; Boere; Afrikaners; Kaap; Boesmans; Hottentotte; Trekboer; Grensboere; Boesmanland; Noordkaap; Oranje; Kaapkolonie; Bataafse Republiek; Bantoe; Swartes; Wittes; Kleurlinge; Slawel; Arbeid; Voortrekkers; Groot Trek; Segregasie; grondvraag; Landvraag
Collectionopensource, community
Uploaderneerlandiaafrikana
Identifierdie-noordwaartse-beweging-van-die-boere-voor-die-groot-trek-1770-1842
Telegram icon Share on Telegram
Download Now

Description

Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek vorm eintlik die derde deel van 'n werk oor die pioniersgeskiedenis van die Kaapkolonie, wat ek oorspronklik in drie dele wou laat verskyn het. Nadat ek egter die versamelde materiaal verwerk het, het dit geblyk dat elke deel van die werk afsonderlik gelees kan word, hoewel die drie dele mooi by mekaar aansluit. Verder was dit om praktiese redes wenslik dat die derde deel eerste verskyn. Dit het my toe laat besluit om die drie dele onder aparte titels uit te gee. Die titel van die eerste deel sal wees: Die Trekboer in die Geskiedenis van die Kaapkolonie; die titel van die tweede:Die Mobiliteit van die Pioniersbevolking aan die Kaap.Ek hoop om die eerste twee dele ook binnekort te laat publiseer.Die term trekboer word in hierdie verhandeling gebruik in die betekenis wat Suid-Afrikaanse historikusse gewoonlik daaraan heg. Daaronder moet verstaan word die half-nomadiese grensboere wat die natuurlike uitbreiding van die Kolonie na die binneland gelei het. Die term Boesmanland word gebruik in die betekenis wat dit teen die begin van die 19de eeu gehad het. Boesmanland het toe ingesluit die grond wat destyds min of meer uitsluitlik deur Boesmans bewoon was, dus die gebied oor die noordgrens van die Kolonie.